Klierkop is iemand wat maar van nature geneig is daarntoe op te dweep. Hy herkou soms vir jare aan flenters gedagtes of gebeure, en hoe meer tragies die intrige of romantiese uiteinde, hoe meer verknog hy homself opsetlik in tipiese en desperate self kastyding. As skrywer van die liriek en musiek reflekteer hierdie dan uit die aard van die saak in sy werk, en die volgende paar songs dien dan as tipiese en sprekende voorbeelde. ( alle songs gebasseer op ware insidente )

Klierkop weet die lewe is glibberig. Dit vat moeite en geduld om gedagtes vas te vang in die web van herinnering, en om dit dan versigtig te rekonstruktureer in die vorm van n song. Hierdie dan sy nederige probeerslag.

                                                                     Liggaams oefeninge 

n Gedig van Breyten Breytenbach - getoonset 2005 deur klierkop en nog net beskikbaar as n rowwe demo weergawe.

                                                                        Telefoon blues

Die setting was Stellenbosch, lank lank gelede. Dit was n warm en sweterige Desember aand en klierkop was op vakansie by een van sy vriende wat op daardie tydstip grafiese kuns by Maties geswot het. Klierkop se meisie op daardie stadium ( en toe al vir die voorafgaande 3 jaar ) was besig om vir haar suster te kuier iewers op n dorpie aan die Natalse noordkus. Heel niks vermoedend het klierkop toe een noodlottige aand besluit om vir haar te bel vanaf een van die tiekie bokse in die nabyheid van Anton ( klierkop se vriend ) se woonstel. Dit was daar, onder die soel somer maan met silwer wolkies dobberend in die hemel waar haar kille boodskap vanaf duisende kilometers ver in sy klier kop ontplof het. In n verdwaasde en delirieuse staat het hy terug geslinger na die flat waar Anton en Klierkop toe die hele aand gesit en koffie drink en gedebateer het oor hoe de donner hy te werk sou moes gaan om die verhouding te probeer red. Dis hier waar die song oorvat en die sad en tragiese verhaal voort vertel, en daarmee saam net so n hint van die karoo blues wat al die pad terug na haar voordeur in sy ore gedruis het.

                                                                                Noodlot

Selfde karakters ( klierkop en sy nooi ), maar hierdie keer n verskil in milieu. Op die spesifieke en noodlottige aand het die tweetjies gaan uit eet by vriende. Dit was na afloop van die ete, en met almal geabsorbeer in een of ander mindless bord-spel, dat Klierkop skielik n nare dejavu oor sy kop voel spoel het. Toe hy so opkyk was dit dan ook net betyds om te sien hoe "m" op daardie spesifieke moment haar kop agteroor gegooi het, en met die het sy haar gesig so effe weg gedraai terwyl sy heerlik gelag het vir een of ander grap. Klierkop het dit onmiddelik herken vir dit wat dit was, die gevreesde " skrif aan die muur " ( doppie ge-klik ) oomblik, en tyd het hom inderdaad reg bewys ( as ewige pessiemis ). Die dan die song daaroor.

                                                                              Murasies

n Meer onlangse song, en hier bevind Klierkop homself in sy studeerkamer. Hy reflekteer oor die lewe en oor hoe dinge toe uiteindelik vir hom uit gedraai het.

                                                                                Toorkop

Die idee agter die song dan die eerste 48 uur soos gemeet vanaf die ontmoeting met die potensieele pop van jou drome. ( en dit terwyl jou breins nog besig is om weg te smelt in jou skedel ) ( realiteit egter gewaarborg om maar altyd so n klein bietjie meer te wees soos n baie sterk koppie koffie - sonder suiker of melk natuurlik  )

                                                                              So jy skiem

Vir n verandering n ander girl in Klierkop se lewe. Hierdie song was dan geskryf in sy studentejare, en die dinge wat hy die beste onthou van haar was hulle ure lange gesprekke oor die telefoon, die manier hoe sy kon lag ten tye van hulle tennis games, haar amandel bruin oe en dan daai holderste gebolder gevoel op sy maag wanneer hy haar weer vir die eerste keer in n week sou sien met sy naweek tuiskoms by die huis. ( hy het geswot in Pretoria, maar ouerhuis was in Joburg )  Die song doen nie noodwendig reg aan die pop nie. Maybe eerder n tipe van n weerwraak 'grunge' song, juis die tipe song wat n man moet skryf as die girl op die einde van die dag besluit om jou subtiel, dog verseker in jou moer in te stuur.

******

Van tyd tot tyd sal hierdie webblad opgedateer word met die KOPstorie agter die song.

Klierkop

KOPSTORIES cd

1) weskus son 2) so jy skiem 3) telefoon blues 4) tussen in 5) dit gebeur 6) noodlot 7) toorkop 8) murasies

 

Alle lirieke kan gelees word op www.rsgmusiek.co.za/kop